top of page

TROUE INLIGTING

28 November 2026

Seremonie & Onthaal

Bell & Blossom Trou Venue

271 Kilppan Road, Pretoria

Seremonie begin 15:00 PM

Klere Drag

Daar is geen spesifieke kleurtema vir ons gaste nie. Ons wil graag hê julle moet gemaklik voel en iets dra waarin julle mooi en selfversekerd voel. Ons vra net vriendelik dat WIT, SWART EN die onderstaande kleure vermy word, aangesien dit deel is van ons troupalet. Dankie dat julle ons spesiale dag saam met ons vier

kleurskema.jpg

Die Tydlyn

15:00

Seremonie

16:00

Canapés

16:30

Koek sny

18:00

Onthaal

18:30

Hoofgereg

19:30

eerste dans

20:00

Partytjie tyd

Belangrike Informasie

Terwyl ons hierdie nuwe hoofstuk saam begin, is ons dankbaar om reeds 'n huis vol liefde en die nodige items te hê. Indien U ons met 'n geskenk wil eer, sal 'n bydrae tot ons wittebrood opreg waardeer word.

Hoewel ons mal is oor kinders, is ons trouviering slegs vir volwassenes.
Alle gaste word versoek om teen 14:45 hul sitplekke in te neem.
RSVP via die bogenoemde skakel teen 1 Oktober.

Dietary Requirements
Indien daar enige dieetvereistes of voedselallergieë is, laat weet ons asseblief betyds vooraf.

Uitnodigings & Gaste
Ons venue het beperkte kapasiteit en daarom is slegs die persone wie se name op die uitnodiging verskyn, genooi. Ongelukkig geen plus-ones tensy dit vooraf aangedui is nie.

Bar & Drankbeleid
Ons is bevoorreg om ’n volledig toegeruste kontantlose bar beskikbaar te hê. Geen tabs sal op die dag toegestaan word nie.

Geen eie drank sal op die perseel toegelaat word nie. Sekuriteit sal streng optree en enige persoon wat hiermee nie saamwerk nie, sal onmiddellik gevra word om die perseel te verlaat. Die parkeerarea word deur CCTV-kameras en sekuriteit gemonitor vir almal se veiligheid.

Dankie vir julle begrip en samewerking. Ons sien uit daarna om ons spesiale dag saam met julle te vier.

Ontbyt

Sluit gerus by ons aan vir ontbyt die oggend na die troue.

Datum: 29ste
Tyd: 08:00
Plek: Jan se Skuld
Adres: 545 3rd Rd, Montana, Pretoria, 0182

Ontbyt sal vir elkeen se eie rekening wees.
RSVP asseblief saam met julle trou RSVP indien julle die ontbyt ook wil bywoon.

Ons sien uit om nog bietjie saam te kuier!

bottom of page